Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Lied van die lappop " deur INGRID JONKER
" Lied van die lappop " deur INGRID JONKER [boodskap #64653] Di, 09 Julie 2002 02:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lied van die lappop
Ingrid Jonker

Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat

Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.
Vorige onderwerp: "Lied van die lemoen " deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: " Vakansiebrief " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 11:24:51 MGT 2024